Angola besig met beplanning vir repatriasie van sy burgers uit Namibië

Die Angolese regering het volgens berigte uit die buurland ‘n taakspan saamgstel om te help om sy burgers te repatrieer, wat vroeër vanjaar Namibië binnegekom het en gevlug het vir ‘n jare lange droogte in die suide van die land.Ongeveer 3 000 Angolese vlugtelinge is tans in die Omusati-streek, waar hulle gevoed word deur barmhartige Samaritane en ook hulleself versorg deur voedsel-vir-werk-take uit te voer.Die minister van buitelandse sake in die kantoor van die Angolese president, generaal Francisco Furtado, het volgens plaaslike media bekendgemaak ,dat die kommissie wat die droogtesituasie in die suide van die buurland hanteer, ‘n vergadering in Luanda gehou het, en die taakspan saamgestel het, wat in samewerking met die Angolese konsulaat in Oshakati die repatriasie sal hanteer.