Anglikaanse aartsbiskop vra vir gebede vir COP26

Die Anglikaanse aartsbiskop, Thabo Makgoba, nooi mense van alle gelowe om elke dag tot 12 November te bid vir die COP26-klimaatgesprekke in Glasgow. Makgoba het ‘n pleidooi aan wêreldleiers gerig om die nodige befondsing te genereer om arm nasies te help aanpas by die uitwerking van klimaatsverandering. Makgoba sê die volgende 12 dae is ontsettend belangrik vir die lewe op hierdie planeet, veral in Afrika. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, beskryf die klimaatkrisis as ‘n reuse-gevaar vir die mensdom.