Angela se party wen nie Duitse verkiesings nie

Voorlopige uitslae in die Duitse verkiesing toon dat Angela Merkel se CDU/CSU-party vir die eerste keer sedert 2005 nie gewen het nie. Die Sosiaal-demokratiese Party, onder leiding van Olaf Scholz het 25,7 persent van die stemme op hom verenig teen 24,1 persent vir Merkel se party. Internasionale nuusagentskappe berig dat Scholz sal moet skarrel om ‘n koalisie te vorm voor sy teenstander Armin Laschet dit regkry.