Andrew tree uit Koningshuis uit, verdedig as privaatburger

Prins Andrew van Brittanje sal nie meer as Sy Koninklike Hoogheid bekend staan nie. Koningin Elizabeth se tweede seun het sy koninklike beskermheerskappe en weermagtitels verloor ná die besluit dat hy in Amerika moet teregstaan op aanklagte van seksuele aanranding. Virginia Giuffre beskuldig Andrew in ‘n siviele saak dat hy haar jare gelede aangerand het toe sy nog ‘n tiener was. Buckingham-paleis sê in ‘n verklaring die prins het, met die goedkeuring en instemming van sy ma, sy beskermheerskappe en titels aan die koningin teruggegee. Die 61-jarige Andrew ontken die aanklagte heftig.