ANC wil ook hê munisipale verkiesings moet uitgestel word

Die ANC het aangesluit by die Onafhanklike Verkiesingskommissie se aansoek dat die munisipale verkiesings wat op 27 Oktober sou plaasvind, uitgestel word. Sy nasionale werkskomitee ondersteun die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini Zuma, se afkondiging van die datum. Die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte, sê sy strukture gaan voort om gereed te maak vir die verkiesing.