ANC verkeer onder toenemende druk oor lojaliteit teenoor Rusland

Die ANC-regering is plaaslik en internasionaal onder druk weens die Oekraïnse kwessie omdat hy nie die kant van Oekraïne wil kies in dié land se voortslepende oorlog met Rusland nie, sê die Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling. Zulu het verskeie voorbeelde gegee van druk op Suid-Afrika, waarvan een ‘n proses is wat glo deur Amerika uitgevoer word om te kyk watter lande betrekkinge met Rusland het. Sy is veral bekommerd dat hierdie prosesse sal uitloop op optrede teen talle Suid-Afrikaanse maatskappye wat sakebelange in Rusland het.