ANC-tesourier bedank sakelui wat die party ondersteun

Die ANC-tesourier, Paul Mashatile, sê die Covid-krisis het die wêreld en die Suid-Afrikaanse ekonomie én politiek hervorm. Klein besighede is die swaarste getref deur Covid. Maar, volgens Mashatile sal klein, medium en mikro-ondernemings ván die hoof-dryfvere wees in Suid-Afrika se infrastruktuur-geleide, ekonomiese herstel, ná Covid-19. Mashatile het op die sakelui bedank wat die ANC steun sonder om te kla.