ANC stel maatskappy aan om sy bates te bestuur

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het besluit om ‘n gekonsolideerde eiendomsmaatskappy aan te stel om die party se bates te bestuur. Tesourier-generaal Paul Mashatile het in Luthuli-huis met die media gepraat uit die besluite op die uitvoerende komitee se vergadering. Hy sê sommige bates in die buiteland wat nie gebruik word nie, sal verkoop word, maar eiendomme met geskiedkundige en politieke waarde sal behou word. Mashatile sê dit sluit die hoofkwartier in Lusaka, Zambië, en die hoofkantoor in Londen in: