ANC soek nie beheer oor misdaad nie

AfriForum sê die skokkende toename in misdaad in Suid-Afrika is ‘n duidelike bewys dat die polisie onder leierskap van minister Bheki Cele klaaglik misluk om sy mandaat na te kom. ‘n Toename van meer as 10 persent is tussen Julie en September vanjaar aangeteken vir moord, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer teen vroue. AfriForum sê Cele is duidelik nie bevoeg vir die amp nie omdat hy voorkeur gee aan partypolitiek eerder as om seker te maak die polisiediens is doeltreffend. Intussen sê Ian Cameron van Action Society die syfers toon ‘n polisieministerie wat in sy basiese taak misluk en dit kan direk toegeskryf word aan politieke inmengery en wanbestuur in die polisie: