ANC se verkiesingskonferensie in Mpumalanga moontlik ontwrig

Die ANC se langverwagte verkiesingskonferensie in Mpumalanga kan moontlik ontwrig word. Woedende ANC-lede dreig om aansoek te doen om ‘n interdik teen die party se provinsiale konferensie. ‘n Senior ANC-lid in die provinsie, Peter Nyoni, het gesê behoorlike prosedures moet met die aanstelling van die provinsiale taakspan gevolg word, nadat die provinsiale uitvoerende komitee ontbind is. Hy sê die provinsiale ANC se laaste verkiesingskonferensie is in 2015 gehou, toe adjunkpresident David Mabuza tot provinsiale voorsitter herkies is.