ANC se tesourier-generaal het sy bedenkinge oor onteiening sonder vergoeding

Die ANC se tesourier-generaal, Paul Mashatile, is van mening dat die party dalk moet
afsien van onteiening sonder vergoeding. Volgens hom is daar reeds
onteieningswetgewing wat genoeg ruimte laat om die dinge te doen wat die party
hiermee beoog. Die party het nog nie op Mashatile se mening gereageer nie.