ANC se reaksie op April-vloede was traag, sê ouditeur-generaal

Die Suid-Afrikaanse ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, beskou die regering se algehele reaksie op die vloedramp in April as traag. Sy is van mening die departemente in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap het nie daarin geslaag om sleutel-ingrypings doeltreffend en vinnig uit te voer nie. Maluleke het op ‘n nuuskonferensie aanbeveel dat die regering moet uitvind hoe om vermoë uit te brei sodat spoedige reaksie deel van die stelsel word: