ANC sê “koebaai Carl”

Die ANC het Carl Niehaus afgedank nadat hy nie genoegsame redes kon verskaf waarom hy nie moet gaan nie. Dit volg nadat hy gedreig het om namens die ANC-personeel strafregtelike klagte teen die party se top ses aanhangig te maak vir die wanbetaling van salarisse en bydraes tot die Werkloosheidsversekeringsfonds. Hy was werksaam by Luthuli-huis in die kantoor van die sekretaris-generaal. Die ANC-woordvoerder Pule Mabe, sê Niehaus se gedrag en uitsprake is deurgaans daarop gemik om die leierskap van die 54ste nasionale konferensie onder President Cyril Ramaphosa te ondermyn en te minag.