ANC sê dis duidelik Ace se skorsing was regte besluit

Die ANC sê hy is reg bewys deur die Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg wat die geskorste sekretaris-generaal, Ace Magashule se aansoek van die hand gewys het om appèl aan te teken teen sy vroeëre beslissing vir die handhawing van sy skorsing. Magashule is in Mei geskors en het die Hooggeregshof genader om appèl aan te teken teen die uitspraak in Julie deur dieselfde hof. Die hof het sy aansoek verwerp om sy skorsing uit die ANC as ongrondwetlik en ongeldig te verklaar. Die ANC se woordvoerder, Pule Mabe, sê die besluit om Magashule te skors, was korrek: