ANC sê daar’s nog kans vir vroue om benoem te word

Die ANC sê hy is daartoe verbind om geslagsgelykheid in sy geledere te bevorder. Dit volg nadat slegs twee vroue vir posisies in die top-ses benoem is. Nomvula Mokonyane en Febe Potgieter-Gqubule sal volgende maand by die party se verkiesingskonferensie meeding om die amp van adjunk-hoofsekretaris. Die sekretaris van die party se verkiesingskomitee, Chief Matsila, sê daar is steeds ‘n geleentheid vir ander om uit die vergadering as bykomende lede van die nasionale uitvoerende komitee benoem te word: