ANC sê Da wil nie grondhervorming ondersteun nie

Die ANC in die Wes-Kaap sê die DA in die provinsie het duidelik bewys hy wil nie grondhervorming ondersteun nie. Die leier van die opposisie in die wetgewer, Cameron Dugmore, sê die Wes-Kaapse Afrika Boerevereniging het intussen ook die provinsiale regering se verbintenis tot vernuwing in die landbousektor bevraagteken. Dugmore sê die Wes-Kaapse ANC sal voortaan om die nasionale regeringsplanne oor grondhervorming sowel as President Cyril Ramaphosa se standpunte te ondersteun.