ANC-regering sal staatskaping aanspreek

Die Suid-Afrikaanse adjunk-president, David Mabuza, sê die ANC-regering is daartoe verbind om die aanbevelings van die kommissie van ondersoek oor staatskaping te implementeer. Hy het gereageer op vrae in die Nasionale Vergadering. Verskeie ANC-lede, waaronder die energieminister, Gwede Mantashe, en die geskorste ANC sekretaris-generaal, Ace Magashule, word in die kommissie se verslag betrek. Mabuza sê die regering sal saam met die parlement werk om die bevindings en gevolge van die verslag te hanteer: