ANC-regering moet versigtig wees met inperkings

Terwyl Namibiërs reeds uitsluitsel het oor Covid-maatreëls tot 15 Januarie, wag Suid-Afrikaners nog. Die buurland se Toerisme-sakeraad het gewaarsku dat ‘n moontlike verbod op binnelandse reise sal die sektor verder verwoes. Dit kom na die vergadering van die Nasionale Koronavirus-bevelsraad, om moontlike verskerpte Covid-19-beperkings te bespreek. Die uitvoerende hoof van die sakeraad, Tshifhiwa Tshivhengwa, sê die bedryf kan nie die sluiting van strande, parke of die opskorting van enige plaaslike reise bekostig nie, omdat dit ‘n groot rol speel in pogings om die bedryf te help herstel: