ANC-regering moet belasting op brandstof ophef

Solidariteit in Suid-Afrika het hom vandag uitgespreek teen die hoë belastingkoers wat op brandstof in die buurland gehef word. Dit volg nadat die verbruikersprysindeks se syfers vandag vrygestel is en dit aangedui het dat brandstof en voedsel die items is waar die syfers die hoogste styging toon. Voedsel en brandstof is beide hoër as die hooflyn-koers van 4,6 persent met veral brandstof wat kommerwekkend duurder word met ’n koers van 15,2 persent, wat verbruikers behoorlik wurg. Theuns du Buisson ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.