ANC-regering beloof ook dat puttoilette sal waai

Nes in Namibië het Suid-Afrikaanse owerhede groot uitdagings met voldoende sanitasie en die wegdoen van puttoilette regoor die land. Die buurland se departement van water en sanitasie sê hy het planne om ‘n einde te maak aan die gebruik van puttoilette, veral in die Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap. Adjunk-minister David Mahlobo sê die regering loop deur onder kritiek omdat hy puttoilette nie vinniger vervang nie. Mahlobo sê die ministerie sal ‘n omvattende plan bespreek tydens ‘n sessie van drie dae waaraan verskeie munisipaliteite en waterrade sal deelneem: