ANC ongelukkig met toestand in Vrystaat 

Die adjunk-president van die ANC, Paul Mashatile, het klem geplaas op die party se ongelukkigheid oor die toestand waarin die Vrystaat is. Hy bevestig die leierskap sal terugkeer na die provinsie om aandag te gee aan dienslewerings-kwessies. Die leierskap het ‘n week in die provinsie deurgebring met verskeie bedrywighede wat uitgeloop het op die 8 Januarie Presidentsrede. Mashatile sê as die party nie sy probleme oplos nie, staan hy gevaar om kiesers in die  provinsie te verloor. Volgens Mashatile is ernstige prestasiebeoordeling nodig.