ANC ondermyn weer eiendomsreg

AfriForum in Suid-Afrika sê hy gaan die ANC se poging om eiendomsregte in Suid-Afrika af te water, ten sterkste teenstaan. Die organisasie sê die regerende party kon nie verlede jaar daarin slaag om die Grondwet te verander om privaat eiendom sonder vergoeding te vat nie. AfriForum se woordvoerder, Jacques Broodryk, sê ‘n nuwe ANC-beleidsdokument maak nou nuwe voorstelle oor grondhervorming wat die skep van ‘n landbou-ontwikkelingsagentskap insluit: