ANC NUK sê vandag oor koalisies

Die ANC sal die media vandag inlig oor die uitkomste van sy Nasionale Uitvoerende Komitee wat die naweek by die St. George-hotel by Pretoria vergader het. Dit sluit die regerende party se standpunt in oor die vorming van koalisies na afloop van die munisipale verkiesing.