ANC-NUK ondersteun nie-hernuwing van permitte van Zimbabwiese burgers 

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het sy ondersteuning uitgespreek vir die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, terwyl die Helen Suzman-stigting besig is om ‘n hofsaak teen hom voor te berei. Die nie-regeringsorganisasie daag die besluit uit om nie die permitte van Zimbabwiese burgers te hernu wanneer dit verval nie. Permit-houers wat geraak word sal voor die einde van die jaar weer moet aansoek doen vir verblyfreg of die gevaar loop om gedeporteer te word. Komiteelede het blykbaar ‘n strenger beleid oor dié saak voorgestel. Die komitee hoop ook om die probleme met ongedokumenteerde buitelanders op te los voor die algemene verkiesing in 2024.