ANC neem nie heraangewende medikasie in ag nie

Die burgerregte-organisasie AfriForum sê President Cyril Ramaphosa se verbeeldinglose toespraak, waarin hy vlak drie-inperkings aangekondig het, maak dit duidelik dat doeltreffende vroeë behandeling en voorkoming met behulp van heraangewende medisynes soos ivermektien steeds nie op die regering se agenda is nie. Dít ten spyte daarvan dat oorweldigende wetenskaplike bewyse bestaan dat dit lewens kan red en infeksies op bekostigbare wyse kan voorkom. Die hoof van navorsing by AfriForum, Barend Uys meen in sy stryd teen Covid-19 behoort die regering gelyklopend verskillende stappe te doen om nadelige gevolge vir die ekonomie te voorkom.