ANC moet R1,2 miljard van staatskapers verhaal

Die DA in Suid-Afrika doen ‘n beroep op die betrokke wetstoepassingsagentskappe om voorkeur te gee aan die verhaling van 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand by mense wat staatskaping moontlik gemaak en gefasiliteer het. ‘n Woordvoerder van die party, Glynnis Breytenbach, sê hierdie persone het óf finansiële voordele ontvang omdat hulle die toekenning van staatskontrakte aan Gupta-ondernemings gefasiliteer het, óf kontrakte gekry vir dienslewering wat nooit uitgevoer is nie. Sy sê die ANC-regering moet seker maak korrupte kaders en makkers soos Ace Magashule, Arthur Fraser en Mosebenzi Zwane betaal die geld terug: