ANC moes opgestaan het vir mensregte

ActionSA is ontevrede omdat Suid-Afrika buite stemming gebly het oor ‘n voorstel van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering wat Rusland se inval in Oekraïne veroordeel. Namibië het ook buite stemming gebly terwyl ‘n meerderheid van 141 lande het gestem ter ondersteuning van die voorstel, wat ook vra dat Rusland sy magte onmiddellik uit Oekraïne moet onttrek. ActionSA se woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê die ongegronde inval is ‘n duidelike skending van die internasionale regsbeginsel van gebied-soewereiniteit: