ANC moedig steeds grondhervorming aan

Die ANC sê hy bly met of sonder ‘n grondwetlike wysiging verbind tot sy sending om skeefgetrekte grondeienaarskap-patrone wat deur kolonialisasie veroorsaak is, reg te stel. Die regerende party het Dinsdag in die parlement nie ‘n tweederde-meerderheid behaal om die 18de grondwetlike wysigingswet deur te voer, wat grondonteiening sonder vergoeding sal toelaat nie. Die ANC sê in ‘n verklaring hy sal hard werk om vordering in grondhervorming aan te moedig en dat dit sal lei tot werkskepping en geregtigheid.