ANC lieg, daar is nog talle modderskole in KZN

Die DA In KwaZulu-Natal sê modderskole bestaan steeds in die provinsie, in weerwil van die LUR vir Opvoeding, Kwazi Mshengu, wat dit verlede jaar op die podium in die wetgewer ontken het. Imran Kheeka van die DA sê volgens Mshengu het die departement onderneem om modderskole asook alle ander geboue wat met onvanpaste en sub-standaard materiaal opgerig is, te vervang maar dit is nie gedoen nie.