ANC-kongres sal in Desember plaasvind

Die tesourier-generaal van die ANC, Paul Mashatile, sê ondanks haakplekke by takke, is hy vol vertroue dat die party se 55ste nasionale konferensie in Desember sal plaasvind. Leiers het hulle veldtogte vir die topposisies verskerp. Die party het weer sy sperdatum vir die afhandeling van algemene takvergaderings tot 7 November uitgestel. Provinsies het tot 12 November om hul takbenoemings vir die top-ses en 80 poste vir die nasionale uitvoerende komitee vas te knoop. Mashatile het lede ook gewaarsku teen die koop van stemme: