ANC in KZN wil nie hê Zuma moet tronk toe gaan nie

Die ANC in KwaZulu-Natal sê hy wil nie hê oudpresident Jacob Zuma moet teruggaan tronk toe nie. Die Appèlhof het bevind die voormalige tronkhoof Arthur Fraser het geen wetlike mag gehad om die mediese parooladviesraad te ignoreer en Zuma op mediese parool vry te laat nie. Die hof sê egter dit is Korrektiewe Dienste se kommissaris wat moet besluit oor die res van sy vonnis. Die ANC se streeksekretaris Musa Nciki sê Zuma moet toegelaat word om sy vryheid as bejaarde te geniet.