ANC in KZN sê Cyril moet praat oor Phala Phala-roof

Die ANC in KwaZulu-Natal sê President Cyril Ramaphosa moet reageer op die bewerings van diefstal op sy Phala Phala-plaas. Hy word daarvan beskuldig dat hy in Februarie 2020 ‘n inbraak op sy plaas in Limpopo toegesmeer en die vermeende verdagtes ontvoer en gemartel het. Hy het ook nie die sperdatum nagekom waarop hy moes reageer op die Openbare Beskermer se kantoor se vrae oor die voorval nie. Die provinsiale sekretaris, Mdumiseni Ntuli, sê indien Ramaphosa nie op die bewerings reageer nie, sal dit sy reputasie skend: