ANC het misluk – ActionSA

ActionSA sê die inkrimping van die land se Bruto Binnelandse Produk met 1,3 persent in die vierde kwartaal, bevestig die oortuiging die land se ekonomie kan nie onder die ANC-regering se ekonomiese, politieke en maatskaplike wanbestuur groei nie. Volgens Statistieke Suid-Afrika is groei hoofsaaklik deur die finansiële-, handel-, mynbou-, landbou- en algemene regeringsdienste sektore verlangsaam. Lerato Ngobeni van Action SA sê die ANC en President Cyril Ramaphosa se beleidsrigtings het misluk om werk te skep,  beurtkrag te beëindig en ekonomiese groei aan te wakker: