ANC gee kaders voorrang bo meriete: DA

Die DA se nasionale woordvoerder vir Staatsdiens en Administrasie, Leon Schreiber, striem die ANC se kaderontplooiingsbeleid en sê dit gee aan lojaliteit voorrang, bó meriete. Schreiber sê, lojale kaders word gekies op grond van hul getrouheid aan die party eerder as hul geskiktheid vir poste. Hy het onthul dat die beleid ‘n lojaliteits-rangordestelsel insluit, wat party-lojaliteit as die primêre oorweging het by keuse vir ‘n pos.