ANC ‘erken’ teleurstelling by sy ondersteuners

Die ANC erken die swak opkoms by die plaaslike regeringsverkiesing kan wees omdat mense teleurgesteld is in die party. Die adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, Jessie Duarte, het die media toegespreek en sê dit is kommerwekkend hoe min mense gestem het. Sy het ook die pandemie die skuld gegee en sê dit het verder bygedra tot die swak opkoms: