ANC bespreek vandag koalisievorming

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee sal na verwagting vandag vergader om sy strategie vir koalisievorming te bespreek. Die party het sy uitgebreide werkskomiteevergadering wat gister sou plaasvind, uitgestel. Die ANC het die eerste keer sedert 1994 minder as 50-persent by die stembus gekry. Die NUK-lid Jeff Radebe sal na verwagting die span lei wat koalisies bespreek in die 66 rade waar nie ‘n volstrekte meerderheid is nie. Dit sluit in die vyf metro’s Johannesburg, Tshwane, Ekurhuleni, eThekwini en Nelson Mandelabaai. Politieke partye moet binne 14 dae nadat die verkiesinguitslag aangekondig is, hulle koalisie-ooreenkomste afhandel.