Amusheleo, Nauyoma weer vandag in die hof

Die saak van die twee omstrede aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, wat saam met ses ander aangekla word in verband met betogings in Mei by China Town in Windhoek, duur vandag in die Windhoek-landdroshof in Katutura voort. Dit is onduidelik of Amushelelo vandag in die hof teenwoordig sal wees. Volgens sy Facebook-blad is hy in Katar waar hy met Prins Mohammad van Sabah ontmoet het om ‘n behuisingsprojek te bespreek. Die agt is deur die Spesiale Reserwemag van die Namibiese polisie in hegtenis geneem tydens ‘n betoging toe hulle gevra het dat China Town gesluit moet word. Hulle word aangekla van aanhitsing van openbare geweld, aanranding deur dreigemente en betreding. Almal het onskuldig op die aanklagte gepleit.