Amushelelo se gedrag is onaanvaarbaar – SPYL

Politiek is ‘n speletjie wat baie vinnig verander. As gekyk word na die aktiewe nuwe lid van die Namibia Economic Freedom Fighters, was Michael Amushelelo ‘n paar jaar gelede baie na aan die regerende party se jeugliga, die Swapo-jeugliga. Nou is Amushelelo ‘n doring in ‘n vlees vir die regering en die regerende party. Hy het die afgelope tyd gedreig om ‘n aantal maatskappye te sluit toe hy oor die kwessies van werkers met die bestuur wou aanspreek, soos Namib Mills die afgelope week. Swapo-jeugliga se sekretaris-generaal, Ephraim Nekongo, wat Amushelelo baie goed ken, sê sy optrede kan nie geduld word nie.