Amushelelo, Nauyoma weer vandag in die hof

Die twee aktiviste van die Namibia Economic Freedom Fighters Dimbulukeni Nauyoma en Michael Amushelelo, verskyn weer vanoggend in die Katutura-landdroshof op verskeie klagte wat aanhitsing tot openbare geweld, betreding en aanranding insluit. Hulle is steeds in aanhouding na hulle arrestasie op 12 en 13 Mei vanjaar. Hulle is borg geweier en terwyl hulle aangedui het hulle sal appelleer, het die saak nog nie in die hoërhof voorgekom nie. Mede-aktivis Knowledge Iipinge sê die twee het ‘n uiters goeie regspan in die persone van Nambili Mhata en Kadhila Amoomo.