Amupanda sê beleid van buitelandse beleggings werk nie

Stad Windhoek hou op die oomblik sy vyfde uitreik van die Windhoek sakegemeenskap. Die geleentheid word deur die Burgemeester se Besigheidsforum gereël. Die huidige burgemeester Job Amupanda het die sakemense toegespreek en gesê ‘n nuwe model is nodig omdat die beleid van buitelandse belegging ‘n mislukking is.