Amptelike opposisieleier sê pensioenarisse moet beskerm word

Die leier van die amptelike opposisie-party, McHenry Venaani, het vandag in die Nasionale Vergadering ‘n beroep op die regering gekom om met ‘n stelsel vorendag te kom om pensioenarisse en hul geld te beskerm. Hy sê pensioenarisse wat veral in nedersettings bly, se geld is in gevaar, want hulle word beroof. Venaani sê pensioenarisse se klein maandelikse pensioentoelae wat hulle van die regering ontvang, moet beskerm word.