Amper 90% van inkomste op skuld bestee

Syfers van die Bank van Namibië toon dat huishoudelike skuld, wat kredietkaarte en oortrokke fasiliteite insluit met meer as 88 persent sedert 2015 toegeneem het. Teen die einde van 2020 het die skuld op 12,2 miljard Namibiese dollar gestaan. Volgens berigte is 6,1 miljard dollar van die fondse betaalbaar aan mikroleners, wat ‘n styging van 42 persent teenoor 2015 se syfers verteenwoordig. Die Bank van Namibië sê verbruikers bestee tans 89,1 persent van besteebare inkomste op skuld. Die jongste syfers uit Suid-Afrika toon dat verbruikers daar 60 persent van hulle inkomste op skuld bestee.