Amper 2 kinders daagliks verkrag

Ongeveer 510 Namibiese kinders is verkrag in die afgelope nege maande. Die Namibiese polisie het die koers waarteen minderjariges seksueel aangerand word as uiters kommerwekkend beskryf. Die Khomas-streek se Nampol-woordvoerder adjudant-offisier Silas Shipandeni sê die vermeende oortreders is dikwels bekend aan hul slagoffers. Kinderverkragting is ‘n baie groot uitdaging in die land en in 2020 is 120 kinders in Augustus en September verkrag, 109 meisies en 11 seuns. In daardie twee maande is 199 sake aangemeld, dit wil sê net meer as vier verkragtings daagliks.