Amnestie Internasionaal SA hou regering aanspreeklik vir waterkrisis

Amnestie Internasionaal Suid-Afrika sê die regering behoort aanspreeklik gehou te word vir die waterkrisis in die land. Die organisasie se aktivisme-koördineerder, Alicia Jooste, sê Suid-Afrikaners het die reg op veilige, voldoende en betroubare watertoevoer. Sy sê die regering behoort beleggings in infrastruktuur en die inwerkingstelling van klimaatsvriendelike beleide voorop te stel. Jooste sê daar moet ook aandag gegee word aan korrupsie en die wanbesteding van fondse.