Amnestie Internasionaal kap Fifa oor 2034 Wêreldbekertoernooi
Sokker: Amnestie Internasionaal sê die wêreldbeheerliggaam, Fifa, se besluit om 2034 se Wêreldbekertoernooi in Saoedi-Arabië te hou sonder om voldoende beskerming vir menseregte te verseker, gaan lewens in gevaar stel. Die land word beskuldig dat hy die afgelope jare ongekende bedrae geld aan sport bestee het om sy reputasie te verbeter wat menseregte en omgewingsuitwerking betref. Die organisasie sê Fifa weet werkers gaan uitgebuit word en selfs sterf sonder basiese hervormings, maar verkies nogtans om voort te gaan.