Amerikaners moet uit teen 31 Aug., Trump het so belowe

Die Taliban het gewaarsku dat daar gevolge sal wees as Amerika se troepe langer in Afghanistan aanbly as die ooreengekome sperdatum van volgende Dinsdag. Talle lande, insluitend Frankryk en Brittanje, het ‘n beroep op President Joe Biden gedoen om Amerika se militêre teenwoordigheid in Afghanistan uit te brei. Luidens die ooreenkoms wat die voormalige president, Donald Trump met die Taliban onderteken het, mag die Taliban nie enige aanval op Amerikaanse magte uitvoer nie en dat die Amerikaners teen 31 Augustus heeltemal onttrek. Die Taliban se woordvoerder, Suhail Shaheen, sê enige verlenging sal ‘n besliste skending van die Doha-ooreenkoms tussen Amerika en die Taliban wees: