Amerikaanse wapentuig dalk in die hande van die Taliban

Nasionale veiligheidsamptenare in Amerika is besig met ‘n poging om rekenskap te gee van meer as 20 jaar se wapentuig wat aan die Afghaanse magte verskaf is. Foto’s van Taliban-vegters met Amerikaans-vervaardigde gewere en wat in militêre voertuie ry wat agtergelaat is, het kommer laat ontstaan oor wat nog in die land kan wees. CNN berig die Taliban het dalk ook nou verskeie Black Hawk-helikopters en ander Amerikaans-gefinansierde vliegtuie volgens ‘n bron in die Kongres wat inligting het oor vroeëre evaluerings wat deur verdedigingsamptenare verskaf is.