Amerikaanse vlag red kat

‘n Kat in Amerika het talle van sy nege lewens op die spel geplaas voordat toeskouers by ‘n voetbalwedstryd in Miami Gardens, Florida, hom gevang het. Hy het van die stadion se boonste verdieping afgeval. Gelukkig het ondersteuners die vlieënde kiets gevang deur ‘n Amerikaanse vlag as vangnet te gebruik. Die vlag behoort aan Craig Cromer en sy vrou, Kimberly, wat seisoenskaartjies het. Die egpaar het die vlag van die reëling losgeknoop toe hulle die kat vir lewe en dood bokant hulle sien vasklou.