Amerikaanse magte beveilig Kaboel-lughawe

Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het bevestig Amerikaanse militêre magte het die buitegrense van Kaboel se lughawe beveilig. Dit volg op die Taliban se aankondiging dat die hoofstad Kaboel ingeneem is en die rebelle beheer oor die presidensiële paleis geneem het. Na wat berig word probeer duisende inwoners en buitelanders uit Kaboel wegkom. Daar is tonele van chaos en paniek by die lughawe. Meer as 60 lande, insluitend Amerika, die Verenigde Koninkryk, Kanada en Spanje het in ‘n gesamentlike verklaring vir die onmiddellike herstel van veiligheid en openbare orde gevra.