Amerikaanse droogte kan wel plaaslik ‘n impak hê

Westelike dele van die VSA gaan op die oomblik gebuk onder droogte en damvlakke wek baie groot kommer. Amper 98 persent van 11 state is oormatig droog en 90 persent van die gebied beleef een of ander graad van droogte. Volgens dr. Kobus Laubscher, die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom kan daar wel ‘n impak plaaslik wees.